Modulekode | JVB 220 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | Vanuit ‘n sistematiese en bate-gebaseerde benadering poog JVB 220 om onderwysstudente toe te rus met kennis en vaardighede om leerders in die grondslag-, intermediêre, senior en verdere onderwys en opleiding fases wat die volgende hindernisse tot leer en optimale deelname in die klas beleef, te sif, identifiseer, assesseer en ondersteun: disleksie, epilepsie, outisme spektrum versteurings, aandag tekort hiperaktiwiteit versteuring (ATHV), tweede taal leer, en die behoefte aan aanvullende en alternatiewe kommunikasie. Onderwysstudente sal ook toegerus word met kennis en vaardighede om die ouers van sodanige leerders in te lig en aan hulle riglyne te verskaf om hulle kinders te ondersteun, insluitende basiese loopbaanvoorligting. Onderwysstudente sal dus blootgestel word aan die wyse waarop kontekstuele psigo-sosiale sorg en ondersteuning geïmplementeer kan word in skole, deur die benutting en mobilisering van bestaande bates in die klaskamer, skool en skool-gemeenskap. |
Modulekrediete | 12.00 |
Programme | |
Kontaktyd | 3 lesings per week |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Opvoedkundige Sielkunde |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App